Die berig “Electricity prices may double” in die uitgawe van 24 Oktober 2012 verwys. Ek het hierdie berig met ‘n gevoel van skok en magtelose frustrasie gelees. Hoe kan Eskom aanhou om gebruikers so genadeloos uit te buit? Elektrisiteit raak letterlik onbekostigbaar! Waar gaan dit eindig? Ek verstaan dat Eskom die kontant nodig het om ’n nuwe “elektrisiteitsgenerasie” vir die land te belê, maar daar moet tog ’n mate van beheer daaroor wees? Of gaan hulle net aanhou om elektrisiteitspryse op te stoot todat ons weer van kerse, gasstowe en primusse afhanklik is? Hierdie is net ’n woordeboek voorbeeld van ’n nasionale monopolie wat kan doen net wat hulle wil. Emigrasie lyk vir my by die dag meer rooskleurig.