Kovsies wil sake regstel by USSA-week

0
462
Die Kovsies 1st XI kaptein, Sachinta Galhenage (links) FOTO: INTUNE COMMUNICATIONS

The eerste krieketspan van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal aanstaande week sake wil regstel wanneer hulle meeding in die jaarlikse se USSA-week wat vanjaar by die Universiteit van die Witwatersrand gespeel word.

Kovsies is in die B-afdeling van die toenooi nadat hulle, ten spyte van ‘n goeie week, verlede jaar oor die laaste hekkie gestruikel en nie outomaties gekwalifiseer het vir die A-afdeling nie. Promosie na die A-afdeling sal verseker dat Kovsies aanstaande jaar ‘n terugkeer sal maak na die jaarlikse Varsitykrieket-toernooi wat in Potchefstroom plaasvind.
Kovsies het het vanjaar ‘n baie sterk span vir die toernooi met nie minder nie as sewe provinsiale spelers in hul groep.

Wihan Victor, Sipho Mavanda, Dilivio Rjegaard, Marno van Greuning, Sean Whitehead, Duan Jansen en Peetjan du Plessis speel almal vir die Vrysaat, terwyl Beyers Swanepoel, wat vir die Noord-Kaap speel, die meeste paaltjies in 2019 in amateurkrieket platgetrek het.
Die draaibalbouler, Whitehead, bring baie ondervinding, terwyl hemelbesem Jansen baie spoed het. Die linkerarm-snelbouler is ook die tweelingbroer van die VKB Knights-speler, Marco, wat tans vir die Durban Heat in die Mzansi Superliga speel.

Swanepoel sal egter die man wees wat die boulaanval aanvoer.

As ‘n mens na die groep kyk waarin in Kovsies speel, behoort hulle deur te dring aangesien hulle teen die Universiteit van Fort Hare, die Tshwane Univesiteit vir Tegnologie en die Universiteit van KwaZulu-Natal speel. Die druk op die span is egter groot en die verwagting hoog.

Die Kovsies se breier, Spoed Smith, het aan Bloemfontein Courant gesê hulle moet vergeet van verlede jaar en beheer neem.

“Wat in die verlede gebeur het, is in die verlede. Ons het ‘n goeie groep en ons het goed voorberei. Ons weet dat ons beheer het.”

Kovsies pak Maandag UKZN by St John’s-kollege, Dinsdag spook hulle sake uit teen TUT by St Stithians, en Woensdag meet hulle kragte met Fort Hare op St Stithians 2. Die uitklopronde begin Donderdagoggend.

Die Kovsies-groep vir die USSA-week: Wihan Victor, Ivan Kriek, Sachinta Galhenage (kaptein), Sipho Mavanda, Phillip Visser, Dilivio Ridgaard, Marno van Greuning, Beyers Swanepoel, Sean Whitehead, Duan Jansen, Wizzard Ncedane, Christo van Staden, Tshediso Keshwa, Peetjan du Plessis. – MORGAN PIEK