Kovsies pak Madibaz eerste

0
Kovsies pak Madibaz eerste
Die UV Kovsies se Protea, Refiloe Nketsa, wat tydens die Netbal Wêreldbeker as 'n reserwe diens gedoen het, in aksie teen UWC tydens die 2022 Varsity Netbalreeks. FOTO: CATHRINE KOTZE/ VARSITY SPORTS

Die 2023 Varsity Netbalreeks begin Sondag in Johannesburg en die gees loop nog hoog ná die onlangse Netbal Wêreldbeker in Kaapstad, ten spyte daarvan dat die Proteas nie daarin kon slaag om die halfeindrondte te bereik nie.

Die land se beste jong en opkomende netbalspelers sal vanaf Sondag by die Universiteit van die Witwatersrand sake uitspook.

Die Universiteit van die Vrystaat Kovsies sal as vroeë gunstelinge beskou word aangesien hulle die reeks al telkemale gewen het, maar die verdedigende kampioene, die Univeristeit van Stellenbosch, asook die Universiteit van Pretoria, kan in hul pad staan.

Die Noordwes Universiteit in Potchefstroom is ook ‘n moeilike teenstander om mee af te reken en hulle spog met die Wêreldbeker Protea van Bloemfontein, Elmere van der Berg.
Rondte een van die Varsity Netbal sal Sondagmiddag om 13:00 begin met Maties aan die beurt teen die gasheer, Wits. Dié kragmeting word gevolg deur die wedstryd tussen Kovsies en die Madibaz van die Baai om 15:00.

Om 17:00 speel Tuks teen die Universiteit van Johannesburg en om 19:00 spook Noordwes en die Universiteit van Weskaapland sake uit.

Rondte twee word Maandag ook by Wits beslis en om 19:00 die aand stamp Maties en Kovsies koppe. – MORGAN PIEK

No posts to display