Kovsies ook gefrustreerd oor verhoogde klasgeld

0
690

Die SR-President van die Universiteit van die Vrystaat, Lindokuhle Ntuli, sê studente is bekommerd en gefrusteerd oor die beplande verhoging in klasgeld vir 2016.

Studente van verskeie universiteite neem tans deel aan protesaksies oor die kwessie.

Die Kovsie-studenteraad vergader vanmiddag (Dinsdag) om 17:00 met die rektoraat en die finansiële komitee oor die beplande verhoging. Ntuli sê hulle gaan versoek dat daar geen verhoging plaasvind nie.

Ntuli sê hulle begin Vrydag 'n inisiatief 'Right to Learn', waarmee arm studente bygestaan sal word. Rektor Jonathan Jansen het intussen gister in ‘n brief op die universiteit se webtuiste genoem dat hulle die bespreking met die studenteraad oor die kwessie ernstig opneem. – Mark Steenbok