Kovsies eeufeesboek bekendgestel

0
634

Die twee rugbykapteins van die Shimlas en albei spelers van die Toyoa Vrystaat Cheetahs is nou self deel van Kovsies se roemryke rugbygeskiedenis. Oupa Mohoje (links), die huidige kaptein, en Boom Prinsloo (regs), voormalige kaptein, blaai hier saam met die outeur, Frikkie van Rensburg (middel) deur die eeufeesboek – Universiteit van die Vrystaat Rugbyklub – 100 Jaar van sprankelrugby – wat in die Simlakamer op Shimlapark bekendgestel is. Prinsloo is ook die huidige kaptein van die Toyota Vrystaat Cheetahs. Die pragpublikasie van 560 bladsye waarin meer as 3 000 groep-, span-, aksie- en gesigfoto’s verskyn, kan deur huidige en oud-Kovsies asook rugbyliefhebbers aangeskaf word. FOTO: GEORG VAN ECK