“Dit is belangrik dat ons nie gespanne of verward sal wees nie, want julle moet verstaan waar juIle passie lĂȘ.”
Dit was die bemoedigende woorde van prof. Francis Petersen, visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan leerders wat die Ope Dag in die Callie Human-sentrum op die Bloemfontein-kampus bygewoon het.
Voornemende studente, onderwysers en ouers het in groot getalle opgedaag om te hoor en te sien wat die UV aanbied. Die gehoor is ook in die regte stemming gebring deur die betowerende stemme van die Swing-City-orkes.
Prof. Petersen het die belangrikheid van die waardes wat die UV voorstaan, naamlik diversiteit, inklusiwiteit en akademiese uitnemendheid, as belangrike redes waarom leerders dit moet oorweeg om na die UV te kom, beklemtoon.
“Ons glo dat vernuwing deel is van die kurrikulum; dit is deel van die manier waarop ons dinge doen en dit is ook vasgelĂȘ as ‘n belangrike kenmerk waaraan ons potensiĂ«le Kovsie-studente sal blootstel,” het hy gesĂȘ.
Mpho Maloka, ‘n ouer van Welkom, het gesĂȘ: “Dit (die UV) verteenwoordig die Vrystaat en dit is ‘tuisgemaak’. Ons wil die beste onderrig vir ons kinders hĂȘ en met baie van my kollegas wat aan die UV gegradueer het, kan ‘n mens die gehalte, die entoesiasme en die sukses sien wat van hierdie universiteit afkomstig is.”
Sergio Abdiziet, ‘n leerder van Heidedal, het gesĂȘ hy wil graag deel van die UV wees, want dit is een van die beste universiteite in die land.
Prof. Petersen het gesĂȘ die UV sal hulle nie net as individue ontwikkel nie, maar hulle ook help om ‘n bydrae tot die samelewing te lewer. “As julle werklik ‘n uitnemende graad wil hĂȘ, afgeronde blootstelling aan die Kovsie-lewe, asook deur middel van innoverende denke ‘n impak op die samelewing wil maak en blootstelling aan ‘n rykdom van diversiteit wil hĂȘ, dan is Kovsies die plek om te wees.” – Jeretha Oosthuizen
info@bloemfonteincourant.co.za