Kovsie-konvokasie vergader vanaand

0
Kovsie-konvokasie vergader vanaand

CHRISTAL-LIZE MULLER

Onlangse gebeure op die Universiteit van die Vrystaat kom vanaand onder die loep wanneer lede van die Kovsie-konvokasie vergader. Die president van die konvokasie, prof. Johan Grobbelaar, sê alle gegradueerdes aan die UV, doserende personeel van die pos van lektor en hoër asook ondersteuningspersoneel op direkteursvlak en hoër is deel van die konvokasie.

Volgens hom sal die konvokasie, wat een keer elke vyf jaar moet vergader, vanaand ‘n lid in die UV-raad herverkies. Daarmee saam het verskeie lede ook versoek om hul menings te lug oor die jongste verwikkelinge op die Bloemfontein-kampus soos die twee rassevoorvalle en die sogenaamde vernuwingsproses by die J.B.M. Hertzog-koshuis.

Grobbelaar sê lede wil praat oor die koshuis se naamsverandering en die wegdoen van koshuismemorabilia.Volgens hom sal die UV se rektor en visekanselier prof. Jonathan Jansen, ook vanaand die konvokasie toespreek. Ander senior bestuur van die UV is ook na die vergadering uitgenooi.

Die vergadering is vanaand om 18:00 in die Albert Wessels-ouditorium.

No posts to display