Kovsie-digter toor met woorde

0
1287
Frik Rademan Avbob- uitvoerende hoof, Lynthia Julius, wenner van die AVBOB-prys in the kategorie Afrikaans-gedigte en dr. Mantoa Motinyane, redakteur van isiXhosa-bydraes.

‘n Nagraadse student in filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Lynthia Julius, het onlangs ‘n groot prys losgeslaan in die Avbobgedigtekompetisie vir haar bydrae tot die Afrikaans-gedigtekategorie.
Haar gedig, Vir Al Jarreau, is ingeskryf na die bekendstelling van die kompetisie op 1 Augustus 2017. Sy is gemotiveer deur haar psigiater om in te skryf vir die kompetisie wat al 11 amptelike tale in Suid-Afrika insluit.
Julius, wat in Kimberley grootgeword het, sê, “My ma het my geïnspireer om gedigte te lees deurdat sy vir my en my suster saans voordat ons bed toe gegaan het, gedigte voorgedra het.” Julius het op vroeë ouderdom gedigte begin skryf en die Avbob-gedigteprys is haar eerste literêre toekenning. Sy vertel dat haar gunsteling-gedig Beautiful in Beaufort-Wes deur Gert Vlok Nel is.
Hoewel die organiseerders gemik het vir 5 000 gedig, is 20 774 is uiteindelik vir die kompetisie ingeskryf. Van hierdie verskyn 3 108 op www.avbobpoetry.co.za.
Digters van so jonk as 10 jaar en so oud as 97 jaar het hul gedigte op die webtuiste voorgelê vir goedkeuring. Drie gedigte is gekies in elke taalkategorie. Die wen-gedigte het temas soos liefde, hoop, geboorte en dood gedek en was deel van meer as 20 000 digterstemme, elkeen ‘n getuienis van die innerlike van talle amateurdigters oor die land.
Hoewel Engels die taal was wat die meeste gebruik is, lê die uniekheid van hierdie projek in die samesmelting van al die stemme van Suid-Afrika om ‘n digterskwilt te vorm wat bestaan uit isiXhosa, Sepedi, Tshivenda, Xitsonga, isiZulu, Setswana, isiNdebele, Afrikaans, Sesotho en Siswati.
Die wenner-digters het hul Avbob-toekennings ontvang ‘n gala-aand op 20 Junie 2018. Elkeen van die 11 wenners het R10 000 as kontantprys en ‘n
R2 500-boekkoopbewys ontvang.

JERETHA OOSTHUIZEN
jeretha@mahareng.co.za