Koue en nat weer op pad

0
Koue en nat weer op pad

Nog koue en nat weerstoestande word vir groot dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorspel. Die Bloemfonteinse weerkantoor se Tonie Rossouw sê dié ongure weerstoestande met lae temperature gaan môre voorkom weens ‘n afsnylaag wat ontwikkel en die sentrale deel van die binneland gaan bereik.

Die afnsylaag sal die sentrale deel van die Noord-Kaap Vrydag bereik en ook Saterdag in die westelike deel van Noordwes voorkom. Hy sê weens die laagdrukstelsel in die bolug kan koue, bewolkte toestande met ‘n 60%- tot 80%-kans op buie en donderbuie in die sentrale binneland voorkom. Opvolgreën word in die Noord-Kaap en dele van die suid-westelike en sentrale deel van die Vrystaat, asook die westelike deel van Noordwes voorspel. Temperature onder 15 grade Celsius kan voorkom in dele van die Noord-Kaap (suid-oostelike dele) asook die suidelike deel van die Vrystaat en Noordwes.

Rossouw sê temperature gaan na verwagting teen Sondag normaliseer en sonnige toestande word vir die res van volgende week voorspel.

Boere word gewaarsku om hul vee in die bewolkte en winderige, koel toestande te beskut. Veral geskeerde skape is in gevaar. Rossouw voorspel geen ryp in die volgende week vir die sentrale deel van die binneland nie. Dit is weens die nat toestande. – Christal-Lize Muller

 

No posts to display