Christal-Lize Muller
Bloemfontein. – Yolandé Korkie en haar tienerkinders in Bloemfontein is verlig dat pogings om kontak met die verwante Al-Kaïda-groep, wat hul geliefde Pierre gyselaar hou in Jemen, geslaagd was.
Woordvoerder vir die Korkies, Michael Venter, sê die familie is dankbaar vir die groep stamhoofde van die Abyan-provinsie se geslaagde pogings om kontak met Al Kaïda te maak. Volgens Venter sien die familie daarna uit om met behulp van die Bayan-leiers met Al-Kaïda vir Pierre se vrylating te onderhandel.
Hoof van Gift of the Giver’s, Imtiaz Sooliman, het vroeër aan Courant gesê die ontmoeting eergisteraand in Jemen was baie gespanne en van korte duur.
Al Kaïda het op ‘n losprys vir Korkie se vrylating aangedring, maar daar was geen sprake van die presiese bedrag vir die losprys en of dit onderhandelbaar is nie. Sooliman sê die stand van Korkie se gesondheid en inligting dat hy leef is nie bespreek nie. Al Kaïda was wel bereid om die Suid-Afrikaner onmiddellik vry te laat as die losprys betaal word. Sooliman verduidelik waarom hy glo Al Kaïda nou op ‘n losprys aandring:
Sooliman sê Al Kaïda het aangedui dat hulle hulle kan geen uitsondering maak vir die vrylating van ‘n Suid-Afrikaner nie, terwyl drie ander gyselaars van verskeie nasionaliteite ook in aanhouding is.