CHRISTAL-LIZE MULLER
Pierre Korkie se lyk het in Bloemfontein aangekom. Volgens die Korkies se woordvoerder, Daan Nortier, is Pierre se lyk is in besit van die familie. Dit is deur ‘n begrafnisonderneming na Bloemfontein vervoer.
Nortier sê enigeen kan die roudiens van die voormalige Grey-kollege-onderwyser môre in die CRC in die stad bywoon, maar die teraardebestelling is ‘n private aangeleentheid.
Pierre is Saterdag dood in ‘n mislukte aanval deur Amerikaanse spesiale magte op ‘n skuiling van Al-Kaïda om ‘n Britse Amerikaanse gyselaar, Luke Somers, wat saam met Korkie aangehou is, te bevry. Somers is ook in die aanval dood.