Korkie moet veilig terugkeer

0
708

CHRISTAL-LIZE MULLER

Suid-Afrika wil Pierre Korkie by die huis hê teen Kersfees. Dit is die boodskap van Gift of the Givers se hoof, Imtiaz Sooliman, na agt gyselaars waaronder ‘n Amerikaner, vanoggend in die suide van Jemen ‘n Amerikaner, vanoggend in die suide van Jemen deur plaaslike troepe in ‘n aanval bevry is. Die gyselaars is deur lede van die terreurgroep, Al Kaïda, aangehou wat vanoggend in die aanval dood is. Sooliman sê dit is ‘n beslissende week vir onderhandelings om Korkie se vrylating tussen plaaslike stamleiers en lede van Al Kaïda.

Hy wou hom nie verder daaroor uitlaat nie.  Sooliman sê dit is ‘n beslissende week vir onderhandelings om Korkie se vrylating tussen plaaslike stamleiers en lede van Al Kaïda, maar wou hom nie verder daaroor uitlaat nie. 

Hy sê Pierre se vrou Yolandé is hoopvol en glo en vertrou haar man sal veilig na Suid-Afrika terugkeer. Volgens Sooliman is die man wat vanoggend vrygelaat is een van drie Amerikaanse gyselaars in die land. Hulle is ‘n bestuurder van ‘n oliemaatskappy, ‘n joernalis en ‘n dienspligtige. Sooliman sê dit is nog onduidelik wie die man is wat vrygelaat is.