Korana-leierskap op byeenkoms bespreek

0
303
Glen Taaibosch, opperhoof van die Taaibosch Kei Korana Royal House.

‘n Groot familiebyeenkoms word more in Bloemfontein gehou om die leierskap van die Taaibosch-Kei-Korana-stam te bespreek.

Dit volg op die onlangse heengaan van Jafta Taaibosch-David’s, wat die vraag oor wie hom gaan opvolg, sterk na vore gebring het.

“Die koning van die Khoebaha-stam, Jafta Taaibosch-Davids, was ‘n waardige koning en die stam het hom gerespekteer en sy regering aanvaar,” sê Glen Taaibosch.

Hy sê was hul koning en hulle het hom gerespekteer. Hy het ook lank regeer en is as koning aangestel vanweë sy harde werk en toewyding.

“Sy aanstelling was wel nie ‘n normale bloedllyn-opvolging nie, want sy van was Davids en hy was ook nie volgende inlyn om op te volg nie ,” sê Taaibosch.

“Maar die familie was tevrede en gelukkig want hulle het aanvaar en respekteer dat hy al die werk gedoen het.

“Taaibosch-Davids is egter oorlede en nou is die vraag wie hom gaan opvolg. Daarom hou ons more die familievergaderging.”

Taaibosch se hulle verwelkom al die familie en die publiek wat belangstel in die Taaibosch-Korana geskiedenis.

Die vergadering sal by Peter Ewertsestraat 154, Heidedal wees vanaf 12:00.

Heidre Malgas
heidre@mahareng.co.za