Karien Jordaan
Afrikaanse rock legende Koos Kombuis kuier Saterdag weer in Bloem as hy by die Aasvoëlklub optree. Hier, uit die perd se bek, leer jy hom ’n bietjie beter ken.
Watter van jou sintuie speel die grootste rol in jou lewe?
Smaak. Om rooiwyn te kan proe.
Jou songs in die jongste FAK-bundel – is dit die drie wat jy sou kies?
Nee, nie heeltemal nie, maar ek is bly dat ek ingesluit is, dis ’n moerse groot eer. Ek is net spyt die “F****l Song” is weggelaat.
Die moeilikste vraag wat een van jou kinders jou al gevra het?
Is “Ontelbaar” ’n gelyke of ongelyke getal?
Die trotsste oomblik van jou lewe?
Toe W.P. laas die Curriebeker wen.
Noem een ondeug?
Mense wat dink klein verkeersirkeltjies is nie belangrik genoeg om hulle flikkers te gebruik nie.
Wat maak jou bang?
Die munisipaliteit.
Wat onthou jy van die Sterrewagteater in BFN?
Ek onthou hoe senuweeagtig ek was voor ons eerste show. En ek onthou die kameelperd wat my kar se kattebak probeer oopmaak het.
Wat is die moeilikste deel van skryf?
Om op te hou.
Death row maaltyd?
Albertinia Hotel se eleven-course-maaltyd wat oor vier ure strek.
In watter land, buiten Suid-Afrika, sou jy graag wou woon en hoekom?
Namibië. Want ek was daar nog net een keer in die tronk.
As jy meer van bekendes, beroemdes en berugtes wil weet, lees elke Vrydag op die Yellow Door-blog hoe hulle dit hanteer as ons hulle met vrae peper.