Koopkrag vertel van ‘donker oomblikke’

0
299
Koopkrag vertel van 'donker oomblikke', Koopkrag, Pacofs, Maria de Koker, Heidedal, Vincent de Koker, Obed de Koker

Pacofs se jongste Afrikaanse verhoogstuk getiteld Koopkrag vertel ‘n verhaal wat handel oor die “oomblikke van duisternis” wat ons as mense soms ervaar.
“Hetsy dié oomblikke deur beurtkrag of daaglikse probleme veroorsaak word, die lewe gaan aan, of daar nou lig is of nie.”

So gesels Maria de Koker, bekende akteur van Heidedal, wat Koopkrag geskryf en geregisseer het. Sy sê die verhoogstuk handel oor ware stories wat mense op ‘n daaglike grondslag ervaar.

Koopkrag, wat van 27 tot 29 Junie 2019 om 19:00 in Pacofs se Studio 2 opgevoer word, is protesteater waarin sogenaamde bruinmense voel hulle word gemarginaliseer. Die toneelstuk fokus op die werklikhede wat dié gemeenskap daagliks ervaar. Dit is die soort kwessies waarmee die meeste gemeenskappe hulself kan vereenselwig.

Van die kwessies wat die stuk aanraak, sluit in: werkloosheid, dwelmmisbruik, godsdiens, rassisme en politiek.
Die stories in die stuk word geskets deur ‘n bruin familie – die ma, wat deur Maria vertolk word, en haar twee seuns, Kiewiet wat deur Vincent de Koker vertolk word, en Tollos wat deur Obed de Koker vertolk word. Anish Deelie vertolk die rol van Sharné, Kiewiet se meisie.

Die stuk word vertel uit ‘n werklikheidsoogpunt. Die gesin moet verlief neem met die feit dat hulle nie meer deel van die middelklas is nie, maar die euwel van armoede moet beveg. Hulle wonder wanneer die son weer vir hulle sal skyn.
Kaartjies vir Koopkrag is by Pacofs se kaartjieskantoor of by die akteurs beskikbaar of bel Obed de Koker by 062-794-9774.

Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za