KOMPETISIETYD: Wen kaartjies na Jo Black

0
3449
Die bekroonde Afrikaanse sanger, Jo Black.

Die bekroonde Afrikaanse sanger, Jo Black, met sy diep stem, yslike baard en arms vol tatoeëermerke besoek weer die Rosestad saam met sy orkes, en sal bekende treffers soos Skepe, Bring die Hoop weer terug en Die vrou wat ek lief het, sowel as treffers van sy nuutste album sing.

Hy het skoonskip gemaak by vanjaar se Ghoema-toekennings en ‘n totaal van sewe Ghoemas ontvang vir onder meer Album van die Jaar vir Skepe, Manskunstenaar van die Jaar sowel as gewildste Liedjie van die Jaar, net om ‘n paar te noem. Hy kan ook trots wees op die SAMA-toekenning wat hy ontvang het vir die Beste hedendaagse Afrikaanse musiekalbum vir Skepe.

Die Storie agter die storie-vertoning vind op 15 Julie om 18:30 in die Kopanong-ouditorium (ou Kovsiekerk) plaas. Kaartjies kos R120 per persoon. Besprekings by Computicket.

Twee lesers kan kaartjies wen na sy vertoning deur die vraag hieronder te beantwoord: 

Wat van Jo Black se voorkoms dra by tot sy  bekendheid?

Inskrywings sluit op Donderdag 12 Julie om 12:00. Vul die onderstande vorm in of stuur ‘n SMS met jou antwoord na 082-563-9236.