Kompetisie vir 3D-drukontwerpe bied voordeel aan wenners

0
120
Tjaart Labuscagne het in 2018 weggestap met die groot prys nadat hy as wenner aangewys is in die Ingenieurswese-kategorie van die Rapid Product Development Association van Suid-Afrika se 3D-drukontwerpkompetisie. Hier word Labuschagne gelukgewens deur Erwin von Maltitz (links), direkteur van 3D Printing Systems SA. FOTO: RAPDASA

SA se grootste 3D-drukkompetisie is terug en bied aan innoverende, skeppende persone die geleentheid om hul drome waar te maak. “Elkeen van ons het ‘n begeerte om nuwe dinge te skep en 3D-drukwerk bied aan ons die geleentheid om te skep op die mees tasbare wyse,” sê Ian van Zyl, lid van die Rapid Product Development Association of South Africa’s (Rapdasa) se bestuurskomitee.

Volgens Van Zyl is die gedagte om tegnologie te ontgin wat ‘n impak kan hê op die daaglikse lewe van mense. Dit is dus waarom die tema Ontwerp-vermoë (Design-ability) is. Nuwe produkte of die verbetering van bestaande produkte kan ingeskryf word en behoort ‘n grensvrye lewe te bevorder.

Die vermoë om strukture te skep wat nie andersinds verkrygbaar is binne bestaande tegnologie nie, is een van die hoofaansporings tot 3D-drukwerk, wat die tegnologie selfs nog meer gewild maak as voorheen.

Van Zyl voeg by dat daar baie voordele is vir ontwerpers, entrepreneurs, ingenieurs en kunstenaars wat vir dié kompetisie, wat bewuswording van Addictive Manufacturing (AM) bevorder, inskryf. Die vyf kategorieë beslaan ontwerpe in die mediese, vervoer-, industrie-ontwerp, ingenieurswese en selfs die veld van stokperdjies.

Om vir die kompetisie in te skryf beteken mededinging met van die beste ontwerpers. “3D Printing Systems SA was so gaaf om ‘n 3D-drukker aan die wenner van elke kategorie te skenk, wat wenners in staat sal stel om hul eie prototipes te skep en hul eie idees te ontwikkel,” sê Van Zyl.

Die beoordelaars is onafhanklike ingenieurs en kunstenaars wat gekies is vanweë hul AM-ondervinding. Hulle sal elke inskrywing evalueer volgens ‘n sekere kriterium, onder meer nuut, funksioneel en teiken-bemark. Van Zyl sê die voorstel voorgelê, wat verdudelik hoe die produk die alledaagse lewe sal impakteer, speel ‘n groot rol in die bepaling van die wenners.

“Inskrywings vir die 3D-drukontwerpkompetisie sluit op 30 September 2019 en is deel van die jaarlikse konferensie van Rapdasa. Die 20ste internasionale konferensie sal in Bloemfontein gehou word van 6 – 8 November 2019.

info@bloemfonteincourant.co.za