Kom tuis na ’n blou swembad

0
481
Verseker jou swembad bly blou terwyl jy op vakansie gaan. FOTO: 123rf

Die grootste ongerief ná ’n lekker vakansie van twee weke weg van die huis af, is om tuis te kom en ’n groen swembad aan te tref.

Daarom is dit belangrik om te verseker dat jou swembad se chemiese vlakke korrek is, en dat jou swembadpomp werk, ten spyte van beurtkrag.

“Om huis toe te kom na ’n blou swembad, is eerstens om seker te maak dat jou tydskakelaar werk,” het Bradley Beans, swembadkenner van Kloppers vertel, “die beste opsie is om ’n digitale tydskakelaar te hê, wat ’n battery het sodat hy nie agter kan raak nie.”

Verder het Beans vertel, “gooi maar twee ‘floaters’ in vir ekstra chloor”.

Dit is om te verseker dat die chloorvlakke nie te laag daal nie. “Die belangrikste balans is as die pH reg is en die alkaliniteit,” het hy bygevoeg, “dan gaan ’n ‘Shock It’ of so iets werk.”

Beans vertel dat mense “geneig is om suur by te gooi, maar dit verlaag die pH,” wat ook lei tot ’n groen swembad.

Hy verduidelik dat mense eers moet toets voor hulle enige chemikalieë by hul swembad voeg, of dit selfs na Kloppers vat om getoets te word.

Warren Hawkins

Warren@mahareng.co.za