Kom ons Trap-toer goed aan die gang

0
694
Biskop Lowellyn Maasdorp

Biskop Lowellyn Maasdorp, oorspronklik van Pretoria maar tans in Bloemfontein woonagtig, stel op 8 Maart 2020 sy Kom ons Trap-toer in Bloemfontein bekend.
Kom ons Trap is ‘n reeks “sing en juig”-optredes waarmee hy jong mense se talente in verskeie provinsies wil bekendstel.

Maasdorp het aan Bloemfontein Courant vertel dat die idee van sy Kom ons Trap-toer van die Here af kom. Dit was nog altyd sy groot begeerte om soiets te doen nadat hy tot bekering gekom het.

“Ek gebruik die geleentheid om die plaaslike en jong musiektalent te ten toon te stel. Mense van Pretoria en Bloemfontein sal tydens die geleentheid optree,” sê Maasdorp.
Van die kunstenaars wat gaan optree, is onder andere die 12-jarige tromspeler Dominic Mcnab. Maasdorp self gaan ses van sy eie oorspronklike liedjies uitvoer. “Bishop Lu”, soos Maasdorp bekend staan, se eerste optrede vind op 8 Maart om 17:00 by die PPK House of Mercy in Heidedal plaas.

Geestelike sangoptredes deur Leo Dos Santos, Jade Fortuin, Gerald Julies, Nolan de Koker, Christopher Minnie, Sis Rosy en vele meer is op die program.
Kaartjies word teen R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 12 verkoop. Vir meer inligting oor die Kom ons Trap-toer, bel Maasdorp by 081-445-6943.

Heidre Malgas
heidre@mahareng.co.za