Kom kuier saam in Afrikaans

0
72
Jakkie Louw

As jy lus het vir ‘n lekker kuieraand met uitstekende Afrikaanse musiek, dan durf jy nie Jakkie Louw se konsert op 8 April 2021 in Bloemfontein misloop nie.

Louw kuier vanaand van 19:30 af die by Lochs Hoek Farm waar hy Bloemfonteiners sal vermaak met van sy jongste liedjies en meer.

Ná die reuse-sukses van sy 2020-toer, wat 50 konserte in 50 dorpe ingesluit het, het Louw besluit om vanjaar weer so te maak. Hy sê dit is ook sy manier om teaters en venues op die been te help deur net vir die deurgeld te speel.

Konsertgangers kan uitsien na vier van Louw se nuwe liedjies wat hy, begelei deur sy kitaar en mondfluitjie, sal uitvoer.

Die nuwe liedjies sluit in “Droom met oop oë”, “Ou Blou Blues kitaar” en “When Africa Smiles”. Dié liedjies is egter nie al wat Louw gaan opdis nie. Hy sal vir seker ook van sy ou treffers soos “Een Miljoen Woorde”, “Voshaarnooi” en “Drie Pikkewyne” sing.
Eddie Collin sal van 18:00 af in die voorprogram optree. ‘n Kontantkroeg en ‘n heerlike spyskaart is beskikbaar. Om die aand gesellig maar veilig te hou, sal alle Covid-19-reëls streng gevolg word.

Kaartjies vir die vertoning kos R100 per persoon. Vir meer inligting en besprekings, skakel 084 36 86 190. Kaartjies kan ook op dié skakel bekom word: https://www.lochshoek.co.za/events/125/jakkie-louw

info@bloemfonteincourant.co.za