Kom kuier saam by vasvra

0
659
FOTO: iStock

Die 28ste jaarlikse Vasvra, gereël deur die Oranje Rapportryerskorps in Bloemfontein, vind op 28 April om 18:30 in die Laerskool Sentraal se skoolsaal plaas.

Prof. Barry Frey, die Sekretaris van Oranje Rapportryerskorps

Volgens prof. Barry Frey, die Sekretaris van Oranje Rapportryerskorps, bestaan elke span uit drie deelnemers en die span wat die meeste punte behaal wen die vasvra. “Indien twee of meer spanne dieselfde aantal punte behaal, sal ’n uitkloprondte gehou word. Die wenspan ontvang ’n kontantprys, asook die span wat tweede eindig. Dit is egter ‘n bysaak, want die hoof saak is om gesellig as kultuurorganisasies saam te kuier,” sê hy.

“Alle deelnemers word, soos in die verlede, versoek om nie-bederfbare voedsel saam te bring vir oorhandiging aan Vrystaat Versorging in Aksie. ’n Donasie om die onkostes vir verversings te dek sal welkom wees, en kan in ’n koevert saam met die blikkies voedsel in die houer geplaas word. Kom ons maak dit ‘n spesiale poging! Ondersteuners en belangstellendes is baie welkom,” voeg Frey by.

 

Mense wat die vasvra wil bywoon moet nie later as 8 April by 051 451 1260 of 083 462 1963 RSVP.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za