E Copy

Date:

Kolskoot – 8 Mei 2013

Goeiedag
“Seabelo Senathla, Philip Snyman, Cornel Hendricks en die ander Blitsbokke is ramkatte. Hulle het weer ons naam hoog gehou in Skotland in die IRR se Glasgow-sewestoernooi deur die All Blacks in die eindstryd 28-21 te klop. Die derde keer vanjaar dat hulle met die Nieu-Seelanders afreken,” val Bontie Bonthys met die deur in die huis.
“Jislaaik, dit was darem so hittete of Ernie Els het die Meester-toernooi in Indonesië op die Royale Jakarta-baan gewen. Sy totaal van 274 ná rondtes van 68, 70, 68 en 68 het hom in die tweede plek net een hou agter die wenner, Bernd Wiesberger, laat eindig. Die ‘Big Easy’ is nog lank nie oor die muur nie. Met die vertoning het hy sowat R800 000 aan prysgeld verdien,”gesels Sporie Bezuidenhout.
“Van die os op die jas – ons tennis is in perspektief geplaas in die Soweto Ope. Ons laaste spelers, Rik de Voest en Dean O’Brien, is albei in die kwarteindronde uitgeskakel. Sonder Kevin Anderson kan ons mans nie werklik saampraat nie. Ek hoop net ons jong vroue-spelers, Chanel Simmonda, Lynn Kiro, Madrie le Roux, Ilze Hattingh, Natasha Fourouclas en Zanmarie Pienaar, vaar vandeesweek in die afwesigheid van Chani Scheepers beter,” sê Stywelip Carrington.
Dit is duidelik die meeste van die manne wil nie Superrugby praat ná die nederlae van die Sharks, Stormers en Kings die afgelope naweek nie en ’n mens kan hulle seker nie kwalik neem nie.
Almal probeer om Botterbul Bester van ’n spreekbeurt te weerhou, maar watwou. “Nou is julle stil né. Die Bulle lyk mos na ’n moontlike Superrugby-kampioen. Die wyse waarop hulle die Hurricanes op Loftus Versfeld verniel het deur drieë te druk, is mos soos die spel van ’n kampioen,” kry hy daar uit die Jakarandastad sy hou in.
“Dit was inderdaad ’n uitstekende vertoning. As die Bulle se voorhoede die oorhand kry, bars enige span teen hulle en dis wat gebeur het.
“Ek is bevrees as Heyneke Meyer nou sy Springbok-span kies, gaan dit sonder veel teenspraak van my ’n Blouerige Bok-span wees. Behalwe natuurlik as Pierre Spies die agtsteman is. Selfs hul agterspelers het baljaar. Welgedaan, Bulle,” sluit oom Sjert ons weeklikse indaba af.
Wil jy nou meer.
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...