E Copy

Date:

Kolskoot – 6 November 2013

Goeiedag
“Manne, ek is in die sop. Ek het die fout gemaak om my wederhelfte so ewe in te lig dat daar van Saterdag af 13 rugbytoetse wêreldwyd gespeel word en dit nadat ek pas die toetse tussen die All Blacks en die Bloeisels van Japan asook die Wallabies en Rose van Engeland op die kassie gekyk het.
“Dit was ‘n fout, ‘n groot fout. My ou beste het haar voet neergesit. Ek mag na net een toets per Saterdag kyk en elke minuut wat ek voor die kassie sit, moet ek dieselfde tyd op die oefenfiets deurbring. Van my planne om sommer te sit en trap terwyl ek rugby kyk het ook niks gekom nie. Ek moet dit buite in die vars lug gaan doen. Ek weet nie of my gestel dit gaan hou nie,” begin Sporie Bezuidenhout ons indaba met ’n klaaglied.
“Sporie, jy gaan die oefening nodig hê om jou stresvlak lag te hou. Onthou, die Springbokke begin hul toer in die Noordelike Halfrond teen die Sesnasies se kampioen, Wallis, in Cardiff. Die Rooi Drake is nie ’n man se maat nie. Dit is ‘n groot toets wat op die Bokke wag,” probeer Bontie Bonyhuys troos.
So ’n kans laat Stywelip Carrington nie verbygaan nie. “Ons teenstanders is nie grootste probleem nie. Dit is die spankeuse. Waar kom Louis Schroeder nou skielik vandaan? Daar is mos ander skrumskakels soos Piet van Zyl, Charl McLeod, en selfs daardie woelige klein Sarel Pretorius van die Vrystaat. Wat het Schoeder gedoen om Bokkleure te verdien? Hy is in die Curriebeker-eindstryd teur McLeod oorskadu.”
“Ek stem saam. Ek verstaan ook nie heeltemal die insluiting van die oorsese spelers nie. Jaque Fourie was ’n skitterende buitesenter, maar het hy in Japan genoeg goeie teenstand gehad om hom skerp te hou? En wat JJ Engelbrecht?, laat Botterbul Bester van hom hoor.
“Manne, kom ons gee die span ’n kans. Ek stem ook nie saam met van sy keuses nie en veral die kies van oorsese spelers steek my dwars in die krop. Dalk het Heyneke Meyer ‘n plan en verras hy ons,” paai oom Sjert.
Die help nie, want van alle rigtings is daar vrae. “Gaan Willie le Roux op JP Pietersen vleuel speel? Wie is die slotpaar en wie gaan heelagter speel?”
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...