E Copy

Date:

Kolskoot – 5 Junie 2013

Goeiedag
“Ek het miltsteek, want ek het die fout gemaak om die Comrades-hardlopers vir meer as vyf uur lank dop te hou. Gelukkig het ’n Suid-Afrikaner, Claude Moshiywa, die op-wedloop gewen.
“En onthou die Junior Bokke begin vandag om hul titel in die Internasionale Rugbyraad se Junior Kampioenskap teen Amerika in Frankryk te verdedig.
“Daarby begin die Protea-krieketspan van AB de Villiers sy aanslag in die Kampioenetoernooi teen die huidige wêreldkampioen, Indië, in Cardiff in Wallis.
“Charl Schwartzel het ons land se naam hoog gehou in die Memorial-gholftoernooi in Dublin, Ohio. Hy kon nie wen nie, maar het lank voorgeloop, terwyl Kevin Anderson ongelukkig op Roland Garros deur ‘n kleibaan-mester, David Ferrer, uitgeskakel is.”
Met dié aptytwekkers probeer Stywelip Carrington ons groepie weer op ’n vriendskaplike voet te kry. “Manne, behalwe die krieket en Junior Bokke se rugby gaan ek Saterdag twee rugbytoetse op Kingspark in Durban bywoon. Samoa teen die Skotte en ons Bokke teen Azzuri van Italië – alles vir die prys van een toetskaartjie,” probeer hy weer.
Vergeefs. Die manne stry steeds sedert ons begin het om ons eie Bok-span te kies. Bontie Bonhuys in die Kaap en Botterbul Bester van die Jakarandastad praat glad nie meer met mekaar nie.
Gelukkig kom oom Sjert tot ons redding. “Manne, as ons geweet het Heyneke Meyer gaan 34 spelers vir sy groep kies, was ons span al lankal gekies. Ons moet hom gelukwens. Daar is gewis vernuwing met uitblinkers en jong spelers wat ’n kans kry. Dit is ook nie so ooglopend meer ’n Bloubokspan nie,” stel hy sy standpunt.
En skielik is almal weer spraaksaam en vergete is die vete. Dankie tog.
“Die insluiting van jong talentvolle spelers soos Lappies Labuschagné, Pieter-Stef du Toit, Jan Serfontein, Trevor Nyakane en veral Willie le Roux is ‘n stap in die regte rigting. Daar is ook ’n kern van gesoute spelers om leiding te gee,” laat Bontie van hom hoor.
“Vir my is Lourens Adriaanse se keuse in die kol. Ons het nie baie vaskopstutte van internasionale gehalte nie,” sê Botterbul.
“Daar ’n paar keuses wat krap. Zane Kirchner, Juan de Jongh en selfs Bismarck du Plessis moes hulself ná hul beserings immers eers bewys het,” kla Sporie Bezuidenhout van Despatch af.
“Jy is reg, Sporie. Morné Steyn was swak, maar het hom terug in die span gespeel,” soek Botterbul witvoetjie.
Hierdie keer werk dit en daar is weer ’n soort van vrede onder ons ou pêlle.
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...