E Copy

Date:

Kolskoot

Goeiedag

“Daar het julle dit. Allister Coetzee rig weer die Springbokke af en die Toyota Cheetahs se hoofbreier, Franco Smith, is saam met Matthew Proudfoot en Johann van Graan sy hulpafrigters. Ons het dit verwag, maar gaan dit genoeg wees om ‘n herlewing by die Bokke te bewerkstellig? Die nederlae teen Japan, ItaliĆ« en ArgentiniĆ«, spook steeds by my. Kan die nasionale indabas en Smith se teenwoordigheid in die plek van Mzwandile Stick die ommekeer bewerkstellig?” val Sporie Bezuidehout in ons eie indaba met die deur in die huis.

“Ek bly swartgallig oor Bok-rugby. Hoekom het Saru so lank gewag om die Bok-breier aan te kondig? Onthou, die belangrike verdediging-breier is nog nie aangestel nie. Brendan Venter is die gunsteling om die pos te vul, maar gaan ItaliĆ« hom vrystel en gaan hy genoeg aandag aan die Bokke kan gee? Om alles te kroon kan Smith se aanstelling die Toyota Cheetahs knou,” laat Oom Sjert van hom hoor.

“Rustig, Oom Sjert. Die Cheetahs het Saterdag met tye uitstekende spel teen die Leeus in hul eerste Superrugby-wedstryd opgedis. Hulle was ongetwyfeld ongelukkig om 25-28 te verloor. Smith sal nie sy span afskeep nie.

“Ek dink Coetzee en sy bestuurspan werk reeds lank agter die skerms. Die eerste Bok-oefengroep wat Sondag in Johannesburg saamtrek, is reeds voor die afgelope naweek se Superrugby-wedstryde gekies en die insluiting van die jong spelers soos Wilco Louw, Hanro Liebenberg, Joseph Dwebe, Warrick Glalant en Ox Nche, getuig daarvan,” probeer Bontie Bonthuys paai.

“As die afgelope naweek se Superrugby Bok-proewe was het ek weer hoop. Die kragmeting op Nuweland tussen die Stormers en Bulle, wat die Kapenaars 37-24 gewen het, het kookwater opgelewer! Daar is ‘n nuwe aanvallende benadering by ons SA spanne. Die Leeus/Cheetahs-kragmeting was ook goed en selfs die vertoning van die Kings, wat 37-26 teen die Jaguares verloor het, was beter as verlede jaar. Die Haaie het teleurgestel. Hulle kon nooit beheer teen die Reds in Brisbane kry in hul nederlaag van 28-26 nie,” gesels Stywelip Carrington saam.

“Hokaai! Julle raak verniet so opgewonde oor rugby. Ek was in Johannesburg waar Darren Fichardt die gholftitel in die Jo’burg Ope voor die neus van oorsese speler weggeraap het. Ek het natgereĆ«n, maar ek was daar om ons eie Fichardt, Brandon Stone en Jacques Kruiswyk aan te moedig. En vandeesweek sal ek op die baan vir die Tshwane Ope wees. Die Bokke speel eers in Junie teen die Franse Hane,” verander Botterbul Bester die gesprek.

“Ou Botterbul, jy is net bitter omdat die Bulle nie op die wenpad is nie. Natuurlik ondersteun ons ons gholfspelers en ook ons swemmers, Chad le Clos en Cameron van der Burgh, wat weer goues in die Grand Prix-reeks verower het,” kap Sporie terug.

“Manne, wat sĆŖ julle van die aanstelling van Chean Roux as die Bokkies se nuwe hoofbreier met Stick as sy hulpbreier? Blykbaar was Jonathan Mokuena van die Luiperds en Pukke nie beskikbaar nie,” wil Stywelip weet.
Daar is verskillende menings en ons roep eers halt.

Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung parks desperate for attention, maintenance

A post on the popular Mangaung Ratepayers Association's Facebook...

Tariff Hikes, service delivery concerns take centre stage at Mangaung budget talks

Stakeholders in Mangaung gathered at the Bloemfontein City Hall...

MMM working to get FS Stadium upgraded

In an effort to get the Free State Stadium's...

Residents left in muddy situation following weeks of rain

With the rainy season in full swing in Bloemfontein,...