E Copy

Date:

Kolskoot 30 Jan 2013

Goeiedag
“Beetrooi, amper pers. Dit is hoe die gesigte van die indoenas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie moet wees nadat die Goue Leeus eers die Russe en toe die Cheetahs in opwarmingswedstryde daar op Ellispark gelooi het,” val Stywelip Carrington met die deur in die huis. “Ek sekondeer. Ons bure suid van die Jukskeirivier het nie verdien om uit die Super 15-reeks gesmyt te word ten koste van die Southern Kings nie. Daar is nog brul in die Leeus. Ek wonner wat die Bulls met die Cheetahtjies daar in Polekwane gaan aanvang?” vra-sê Botterbul Bester, wat gewoonlik as Blou Bul nie ’n goeie woordjie vir die Leeus, goud of silwer, het nie.
“Van brul gepraat. Gaan die Stormers nou voortaan as die Brullende Stormers bekend staan? Ek meen daar is nou so baie oud-Leeus in hul kamp dat ’n mens wonder,” laat Sporie Bezuidenhout van hom hoor.

“Wag ’n bietjie manne. Draai rem aan. Ons is nog nie in die rugbyseisoen nie en julle soek al skoor. Kom ons praat eers sokker, krieket en hokkie,” gooi Bontie Bonyhuys uit die Kaap wal. “Ek is steeds bekommerd. Ons het nou wel die laaste eendagwedstryd teen die Swart Pette van Nieu-Seeland in Potch gewen, maar die reeks 2-1 verloor en nou wag die Pakistani’s. Ons moet wen, want Graeme Smith lei die Proteas die komende naweek die 100ste keer as kaptein. Wat ’n prestasie!

“Ek is darem bly daardie skerpskutter van ons, Pietie Coetzee, is weer terug in die Protea-vrouehokkiespan. Skielik is daar weer lewe en seges ná ons reeks slae teen die Belge,” gaan Bonthuys voort. Oom Sjert is tjoepstil. Hy laat hom nie uitlok nie. “Wat het ek julle gesê van Bafana Bafana. Daar is hulle nou eerste in hul, groep met ’n gelykop-uitslag van 2-2. Ja die Pakistani’s gaan ’n groot toets vir ons krieket Proteas wees. Hier wag sommer baie lekker sport vorentoe en ek dink julle is ’n bietjie oorhaastig om nou al die Cheetahs, Kings of Brul-Stormers te bespreek en te oordeel.

“Die Leeus in die Kaap moet hulle plek nog oopspeel en die Cheetahs is besig met proefnemings met ’n volle span beseerdes nog op die kantlyn,” sê hy.  “Oor een saak is ek dankbaar. Dit is dat die rugbyindoenas kop gehou het en Cheeky Watson en sy Kings verbied het om vyf oorsese spelers in te span,” sê oud Stywelip.
“Hoor, hoor!” Klink dit van alle kante af op.
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...