E Copy

Date:

Kolskoot – 23 October 2014

Goeiedag

“Ek is verslae. Die Blou Bulle kry 31-23 slae in die Kaap en toe speel die Kovsies, teen die verwagting in, die Tuks 49-42 van die baan af om hul Varsity-netbaltitel te behou. Ek kan dit nie glo nie,” begin Botterbul Bester ons indaba op ’n klaerige noot
Die ander manne is min gepla en wens Karla Mostert en Burta de Kock en hul span met hul netbal-sege geluk. “Die brul van ’n swartmaanhaarleeu het van Ellispark af oor die Hoëveld weergalm toe die Goue Leeus die Haaie op Ellispark in die halfeindstryd van die Curriebeker-reeks 50-20 verfrommel het en die kragtige brul het uitgekring. Selfs die Kapenaars het koue rillings teen die ruggraat af gekry,” waarsku Oom Sjert dramaties. “In die Vrystaat het die brul inslag gevind, want een van die talle stutte, wat die Vrystaat-Cheetahs deur hul vingers laat glip het, Schalk “Hond” van der Merwe, het met sy kragtige skrumwerk die grondslag van die klinkende Leeu-sege help lê. Hy het die vaskopstut van Engeland en Saracens, Matt Stevens, so opgekeil dat ek hom jammer gekry het. Hoe kan die Vrystaat-Cheetahs voorrymanne van sy gehalte asook Marcel van der Merwe, Lourens Adriaanse en nou ook Adriaan Strauss en Trevor Nyakane laat wegkom, terwyl die Cheetahs gereeld in die skrum sukkel?” vra Oom Sjert. Die ander manne stem saam, maar het nie raad nie. “Die Haaie is stukkend gespeel. Ek hoop nie die Goue Leeus het hul gô uitgespeel nie, want Saterdag wag die Streeptruie op Nuweland in die eindstryd om die Goue Beker. Die besering van hul vuurvreter-losvoorspeler, Jaco Kriel, is ’n geweldige slag vir die Goue Leeus as hy nie op Nuweland kan uitdraf nie,” gee Stywelip Carrington toe. “Ek is skrikkerig vir die Goue Leeus. Johan Ackermann laat sy span totale rugby speel. Hulle wil wen, speel met al 15 hul spelers en kan ons Streeptruie veral in die skrums opkeil. Die twee halfeindstryde het gewys dat 15 man-rugby beter as voorspelbare kragrugby is. Ek verwag dat die eindstryd Saterdagmiddag ’n skouspel gaan wees,” laat Bontie Bonthuys van hom hoor. “Geluk, Bontie. Die WP was beter as die Blou Bulle. Ek kan nie verstaan waarom Frans Ludeke nie vir Handré Pollard van die begin af losskakel laat speel het nie, maar spyt kom altyd te laat,” praat Botterbul verleë saam.
“Basta rugby praat. Ek weet die Springbokke trek saam om voor te berei vir hul Europese toer en die Curriebeker-eindstryd wag, maar onthou, die AB de Villiers se Proteas pak die Kiwi’s in Nieu-Seeland in ’n eendag-krieketreeks. Onse Lee-Anne Pace het die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue op San Lameer gewen, terwyl George Coetzee vierde in die Wêreldputjiespel-toernooi in Engeland geëindig en in die Momentum-krieketreeks gee die Kaapse Kobras die toon aan. “Die nominasies vir die Suid-Afrikaanse sporttoekennings deur ons sportminister, Fakile Mbalula, verg ons aandag. Verdien Shakes Mashaba om saam met Graham Hill en Neil Powell as die beste afrigter benoem te word, wil Sporie Bezuidenhout weet. Dis vet in die vuur. Almal het ’n mening en die styery gaan nog tot laatnag duur.

Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...