E Copy

Date:

Kolskoot – 21 Augustus 2013

Goeiedag
“Nou begin Reagan Hoskins en Saru werklik belaglik raak met hul kwotastelsel vir die Vodacombeker-spanne. Hulle vat spelers met hierdie beleid in die gesig. Dalk moet hulle eers voor hul eie deur vee en hul ontwikkelingsprojekte en veral die uitvoering daarvan drasties verbeter. Dan kan spelers, ongeag hul ras of velkleur, soos oral in die wêreld suiwer volgens hul vermoë en op meriete gekies word,” begin Stywelip Carrington ons indaba op ’n warm noot.
Dit is vet in die vuur by ons groepie wat al vir dekades met rugby op verskillende vlakke te doen het.
“Kom ons vat die huidige spelers van kleur wat op internasionale gebied uitblink. Wil uithalerspelers soos Bryan Habana, Tendai “Beast” Mtawarira, Björn Basson, Juan de Jongh, Zane Kirchner, Gurthrö Steenkamp, Siya Kolisi, Chiliboy Ralepelle, Odwa Ndungane, Gio Aplon, Raymond Rhule, Trevor Nyakane en bykans ’n hele span vol Blitsbokke nou as kwotaspelers bekend wees? Ek dink nie so nie. Almal wil op meriete gekies word. Uit en klaar,” laat Sporie Bezuidenhout van hom hoor.
“Manne, ek dink die kwotastelsel, of kom ons noem dit regstellende aksie, veroorsaak ’n verdagmakery by toeskouers. Nie net oor spelers nie, maar ook oor afrigters en beamptes. Dit sweep rugbyondersteuners teen knap beamptes en afrigters op en hulle gaan wegbly van die wedstryde,” laat Bontie Bonthuys van hom hoor.
“Ek stem saam. Knap rugbymanne wat hulself al deur en deur bewys het, soos Paul Treu, Peter de Villiers en Thelo Wakefield, word nou skielik weer met agterdog bejeen. Vergete is die sukses wat hulle behaal het, want Saru skep wantroue,” sê Botterbul Bester.
“Kêrels, ek dink dit het tyd geword om vir Hoskins te nooi na die aankondiging van ’n Cravenweek-span. Nie net vir die formele geleentheid nie, maar daar waar die afrigters en onderwysers aan kinders moet verduidelik hoekom ’n speler nie gekies word nie – al is hy die beste in sy unie. Dit is doodeenvoudig diskriminasie. Laat hy kom verduidelik,” stel oom Sjert voor.
Ja, dit lyk of Hoskins en Saru nou krap waar dit nie jeuk nie.
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...