E Copy

Date:

Kolskoot

Goeiedag

“Caster Semenya se goud het die kroon vir die Suid-Afrikaanse span op die 2016-Olimpiese Spele in Rio gespan! Dit het ons 10 medaljes besorg, waarvan twee goud – iets wat ons laas in 1952 met die Spele in Helsinki reggekry het. In 1920, voor ons almal se tyd, het Suid-Afrika ook 10 medaljes in Antwerpen verower, maar toe het ons sportlui drie goues verower,” begin Bontie Bonthuys ons indaba opgewonde.

“Semenya se 800-wedloop was byna net so opwindend as daardie voortreflike sege en wêreldrekordtyd van Wayde van Niekerk in die 400. Met haar sege in 1:55.28 het sy ‘n nuwe nasionale rekord opgestel en die silwermedalje-wenner, Francine Niyonsuba, met meer as ‘n sekonde geklop,” gesels Stywelip Carrington saam.

“Die Spele in Rio was lekker. SA het 28ste op die medaljelys geëindig en dit is net Kenia met sy 13 medaljes (ses goud) wat bo ons van die Afrikalande geëindig het. Daar is talle wêreldrekords opgestel en Usain Bolt het sy voortreflike Spele-loopbaan met sy negende goue medalje afgesluit, terwyl daar ook in die swem, gimnastiek, duik en talle ander sportsoorte uitmuntende vertonings gelewer is.

“Die slegte nuus is dat Botterbul Bester ná al die opwinding, min slaap en stres op pad is na ‘n spa om te gaan herstel. Dit is in opdrag van sy dokter, wat hom ook sterker bloeddrukpille voorgeskryf het.

“Ek gaan saam om daar by ‘n warmbron naby Bela-Bela ons kragte te herwin,” lig Sporie Bezuidenhout ons in.

“Jammer om te hoor van Botterbul se terugslag. Ek wonder net of dit nie dalk die spel van die Blou Bulle en Springbokke was wat hom geknou het nie. Die Haaie en Vrystaat-Cheetahs gee die pas as onoorwonne spanne in die Curriebeker-reeks aan, terwyl die Bokke se sukkeloorwinning van 30-23 oor Argentinië nie goed vir ‘n man se gesondheid is nie. Ek ys reeds vir Saterdagaand se herontmoeting teen die Poemas in Salta, Argentinië, en dan praat ek nie eens van die All Blacks wat die Wallabies in Sydney 42-8 afgeransel het nie,” laat Oom Sjert van hom hoor.

“Watwou die Blou Bulle se spel. My span kan nog die Goue Beker verower. Die titel word nie in die derde week gewen nie. Kyk wat het Griekwas met die Leeus (30-24) aangevang.
“Ek erken die Bokke het my ontstel. Ons Bok-breier, Allister Coetzee, sal plan met die agterlyn moet maak. Op losskakel kom Elton Jantjies nie die mas op nie en ook nie die senterpaar nie. Francois Louw sukkel op flank en Jaco Kriel sal ‘n beter keuse wees,” kap Botterbul terug.

“Wat sê julle van Oregan Hoskins se bedanking as president van Saru? Wie gaan oorneem? Ons het ‘n sterk sakeleier nodig wat ons hele rugbyorganisasie kan regruk. Daarom dink ek Kevin de Klerk van die Leeus is die regte man,” laat Oom Sjert weer van hom hoor.

“Ons het sterk leiding en nuwe rigting nodig. De Klerk is die man!” Klink dit op. Die manne stem jou wrintie weer almal saam!

Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Government launches campaign to combat child and teenage pregnancy

The Free State Provincial Government is taking decisive action...

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...