E Copy

Date:

Kolskoot – 18 September 2014

Goeiedag

“Dit was ware toetsrugby Saterdag in Wellington, Nieu-Seeland. Dit was lekker en sou nog soeter gewees het as die Bokke gewen het. Die Bokke was stukke beter, maar die All Blacks het steeds die vermoë om totale rugby te speel wanneer dit nodig is, terwyl ons aan sekere patrone vasklou.”
Ná dié stelling van Stywelip Carrington is daar die eerste keer in maande eenstemmigheid tydens ons indaba.“Die Bokke en die Vrystaat-Cheetahs het albei beter geskrum. Daar was durf, veggees en ’n wil om te wen by albei spanne. Daarom was die Bokke ongelukkig om 14-10 te verloor en kon die Vrystaters gelykop teen die Haaie speel. As bonus het Griekwas die Pumas 31-27 geklop, terwyl die Griffons die Luiperds 35-33 op hul neuse laat kyk het. In die sentrale streek was alles klop disselboom,” laat Oom Sjert van hom hoor. “Ek erken die Leeus het verdien om die WP te klop, maar ek wil Bok-rugby praat: Handré Pollard lyk na die oplossing op losskakel, hoewel sy taktiese skopwerk kan verbeter. Duane Vermeulen was selfs beter as die All Blacks se hoogaangeskrewe Kiernan Read. Jan Serfontein en Cornal Hendricks was puik, maar ek dink Willie le Roux kan baie beter ingespan word as die Bokke met selfvertroue begin aanval. Heyneke Meyer se besluit om Adriaan Strauss met Bismarck du Plessis op haker te vervang, was ’n flater. Onmiddellik verloor die Bokke lynstane en skrums. Dit was ’n draaipunt in die toets. Ruan Pienaar se besering was ook ’n slag, want Francois Hougaard het as plaasvervanger-skrumskakel balbesit weggeskop,” praat Bontie Bonyhuys saam. Vir Botterbul Bester is dit te veel. “Julle kritiseer net. Onthou, die All Blacks is ná 36 toetse tuis onoorwonne. Die Bokke gaan aanstaande week met die Wallabies in Kaapstad en daarna met die All Blacks afreken. Ek hoor ook nie dat een van julle noem dat die Blou Bulle die OP Kings geklop het nie.” “Geluk, Botterbul, maar ek wil jou sê die Blou Bulle se sege was nie oortuigend nie. Maar kom ons praat atletiek en gholf. Ons 13 atlete het gehelp dat Afrika derde in die Kontinentale Beker-atletiekbyeenkoms in Marokko eindig. Cornel Fredericks het weer die 400-hekkies in 48.34 gewen, terwyl Khotso Mokoena die Suid-Afrikaanse rekord na ’n allemintige 17.35 meter verbeter het, maar dit het hom net ’n tweede plek besorg. Wayde van Niekerk was vierde in die 400, Sunette Viljoen tweede in die spiesgooi, Victor Hogan vierde in die diskusgooi, Rikenette Steenkamp vyfde in die 100-hekkies, Zarck Visser derde in die verspring. “In die KLM Ope in Europa het Jbé Kruger en Thomas Aiken redelik gevaar. Die Engelsman Paul Casey het gewen, terwyl nog ’n Engelsman, Andy Sullivan, ’n vlug na die buitenste ruim gewen het met sy kolhou op die 15de putjie,” laat Sporie Bezuidenhout van hom hoor.
Skielik stry die manne oor die vlug na die buitenste ruim en is die eenstemmigheid van korte duur.

Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

School principal among 10 arrested for mob justice murder in Namahadi

A joint operation by Namahadi police, detectives, Phuthaditjhaba Crime...

Ward 46 embarks on second protest

Frustrated residents of Ward 46 gathered in numbers and...

Mangaung Social Development offices relocate to Batho Location

The Mangaung Department of Social Development Mangaung District Offices...

OFM deel in Afrikaans se eeu-feesviering

OFM het op 8 Mei 2025 saam met die...