E Copy

Date:

Kolskoot – 15 January 2014

Goeiedag

“Manne, ek en Bontie (Bonthuys) het reeds ons voornemes vir 2014 gemaak. Ons gaan meer sportgeleenthede self bywoon en nie so baie tyd in die leunstoel voor die kassie deurbring nie,” begin Stywelip Carrington ons 2014-indaba. “Ek was daar toe Louis Oosthuizen op die baan van die Durban-buiteklub Suid-Afrika se naam hoog gehou het deur sy titel in die Volvo-gholfkampioenskap suksesvol te verdedig. Wat dit nog lekkerder gemaak het is dat hy net-net die titel voor nog ’n Suid-Afrikaner, Branden Grace, weggeraap het.  “Manne, dit was interessant dat so ’n relatief korterige baan met sy slim, golwende uitleg saam en teen die wind die spelers soveel probleme kon besorg,”  gesels Stywelip geesdriftig voort. “Ja, en ek het daardie krieketwedstryde tussen die Springbokke en Proteas op Nuweland bygewoon. Dit behoort ’n gereelde instelling te word. Ek het lanklaas toeskouers gesien wat hulle so geniet het. Daar was meer toeskouers by die wedstryd as tydens die kragmeting tussen die noorde en suide en die Ram Slam T20-wedstryde daarna.
“Mense hou daarvan om hul helde in askie te sien. Julle kan nie die toejuiging glo wat Bokke soos Franco van der Merwe, Willem Alberts, Rob Skinstad en Butch James as paaltjiewagter gekry het nie. Dit was omdat almal, die spelers, skeidsregters en natuurlik, die toeskouers, hulle gate uit geniet het en wen teen alle koste nie gegeld het nie,” gesels Bontie. Ongelukkig ruk Botterbul Bester toe die dam onder die eend uit. “Wat sê julle Fordmanne nou? Ek het julle moes gesê Toyota Hilux is koning. En wat sê julle van die feit dat Victor Matfi eld weer vir die Bokke gaan slot speel?” Siestog, ou Botterbul. Vir ons gaan dit nie net oor die voertuie in die Dakar-tydren nie, maar oor die Suid-Afrikaanse deelnemers.
Ek is baie in my skik met Giniel de Villiers se vertoning en of hy nou ’n Hilux of Ranger ry, maak nie saak nie. In ieder geval is die Mini’s op die oomblik baas,” laat Sporie Bezuidenhou omgekrap van hom hoor.
“Ek wil net vir julle sê, op sy dag was Matfi eld die beste vyf-slot ter wêreld en as hy die Bokke kan help, is hy welkom, maar as hy enigsins die ontwikkeling van ’n jong ster soos Pieter-Steph du Toit in die wiele ry, moet hy liewer afgetree bly,” sluit Oom Sjert ons vergadering af.

Groetnis.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...