Kolskoot 14 November 2012

0
697

Goeiedag

“Die Bokke sal Saterdag stukke beter moet speel as hulle wil wraak neem teen daardie omgekrapte Skotte op Murrayfield in Edinburgh al het hulle 22-51 teen die All Blacks verloor,” val Botterbul Bester met die deur in die huis.  “Wag eers ’n bietjie. Die Bokke het wel in die eerste skof gesukkel, maar ’n wen is ’n wen en ons het reeds gestem vir die Speler van die Wedstryd,” stuur Sporie Bezuidenhout die vredesduif op uit Despatch se geweste. Vredesduif se stertvere. Dit is asof hy ’n stok in ’n byenes insteek, want skielik praat my sportmakkers almal gelyk.

“Die name om die tafel was Francois Louw, Ruan Pienaar, Eben Etzebeth en Adriaan Strauss. Ons het gestem en dit is verby. Omdat ons nie tot ’n vergelyk kon kom nie, is Louw die Voorspeler van die Wedstryd en Pienaar die Agterspeler van die Wedstryd. Dit is immers hoe ons gestem het,” probeer Bontie Bonthuys walgooi.  “Ek dink nie dit was ’n regverdige stemming nie, want daar is te veel oud-voorspelers en twee is voorrymanne wat net na die voorspelers.

“Pat Lambie en selfs Jean de Villiers se name moes ook op die tafel gewees het,” begin Stywelip Carrington, wat op sy dag stelling agter die agttal ingeneem het, weer redeneer.  “Basta manne. Die Bokke het gewen, maar sal op die tweede helfte se spel moet voortbou as hulle die Skotte en veral die Engelse wil klop en ons almal haat dit om teen die Rose te verloor.
“Die Poemas van Argentinië het teen Wallis gewys hoe die Suidelike Halfrond se top-spanne moet speel. Behalwe die All Blacks en Bokke 16-12 het al die ander spanne van die Suide, Wallabies 6-33 teen die Franse, Fidji 12-54 teen die Engelse en Tonga 23-28 teen Italië vasgeval. Ons moet nie die noorde onderskat nie,” sê Oom Sjert.

“Ai, dit was ’n lekker sportnaweek vir ons. Ongelukkig het die reën ons kanse om die Aussies op die Gabba in krieket te klop ’n knou gegee. Daardie honderdtalle van Hashim Amla en Jacques Kallis en 450 lopies in die eerste beurt nadat JP Duminy weens ’n ernstige besering nie kon kolf nie, is wonderlik,” laat Bontie weer van hom hoor.  Wen bly maar lekker! Daarom is dit jammer Louis Oosthuizen is in die uitspeelstryd om die gholftitel in die Singapoer Ope verloor het.

Groetnis