E Copy

Date:

Kolskoot – 02 April 2014

Goeiedag

“Ek weet nie wie die meeste gesweet het nie. AB de Villiers en sy Proteas op die veld in daardie naelbyt T20-kragmeting teen Stuart Broad se Engelse in Bangladesj, óf ons hier in Suid-Afrika voor die TV-skerms?
“Ek het lanklaas so ’n spannende stryd beleef. Dit was ’n spanpoging soos min om na die halfeindronde van die toernooi deur te dring. Hashim Amla en Quinton de Kock het goed gekolf, maar dit was AB se 69 lopies van net 28 balle af wat die Proteas in staat gestel het om hul hoogste totaal van 196/5 tot dusver in die Wêreldbeker-toernooi op te stapel. Daarná is die bleekbene danksy uitstekende boulwerk deur Wayne Parnell, Imran Tahir en Dale Steyn tot 193/7 beperk,” begin Sporie Bezuidenhout ons weeklikse indaba, so asof ons nie ook gekyk het nie.
“Moenie glo nie. As julle benoud wou sien moes julle saam met my in Pretoria gewees het. Ek het langs Botterbul op Loftus Versfeld gesit. Sy blou trui was deurweek toe die Chiefs daardie agterstand van 31- 15 begin uitwis het en die wedstryd 34-34 gelykop teen die Bulle laat eindig het,” verklap Bontie Bonthuys Botterbul se geheim.
“Ag, Bontie, jy is net jaloers. ’n Gelykop-uitslag in Superrugby teen die verdedigende kampioen is beter as die Stormers en Cheetahs se vier nederlae op ’n streep oorsee,” laat Bester omgekrap van hom hoor.
“Kêrels, die Haaie is wel eerste, die Leeus vierde en Bulle sewende, maar die Cheetahs en Stormers beklee die heel laaste twee plekke op die jongste Superrugby-puntelys. Ek is steeds bekommerd oor ons rugby. Daar is ’n gebrek aan skeppende spel. Ek ys as ek dink aan Saterdag se wedstryd hier in die Vrystaat-stadion teen die Chiefs, selfs al is Coenie Oosthuizen en Johan Goosen beskikbaar,” stel Oom Sjert sy standpunt.
“Moenie bekommerd wees nie. Ek dink die Haaie onder leiding van Jake White gaan ons naam hoog hou,” spog Stywelip Carrington.
“Wag nou, Stywelip, die Haaie moet nog soos die Leeus en Bulle oorsee gaan speel en dan gaan dit nie so maklik gaan nie. Onthou, hierdie reeks word nie in die eerste ses weke gewen nie,” waarsku Bontie uit die Kaap en toe begin al die manne weer gelyktydig hul mening gee.

Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...