Kollega onthou Clegg

0
305
Suid-Afrikaanse musieklegende, Johnny Clegg

Die tragiese nuus van die dood van die musieklegende, Johnny Clegg, het verlede week Suid-Afrikaners se harte geroer. Wat min mense egter geweet het, is dat Clegg deel was van die OFM-familie deur sy aandeel in Kagiso Media, waar hy die klem op plaaslike musiek laat val het.

‘n Voormalige direkteur van Central Media Group, wat OFM besit, Albé Grobbelaar, het aan Bloemfontein Courant meer vertel oor die tipe mens wat Clegg was. Grobbelaar het Clegg jare gelede leer ken toe hulle kollegas by die radiostasie was en beskryf hom as iemand wat baie plat op die aarde was, met ‘n goeie ‘n sin vir humor.

“Johnny Clegg was ‘n kunstige man, mens kon met hom praat oor enige ding wyer as net musiek,” vertel Grobbelaar. “Hy was ‘n man sonder pretensies, ‘n pragtige mens met ongelooflike talent.”

Grobbelaar en Clegg het die laaste ruk kontak verloor, maar hy het Clegg se loopbaan met ongelooflike belangstelling gevolg. “Hy was ‘n internasionale figuur. Ek dink nie Suid-Afrika besef hóé groot hy was nie.”

Clegg sal onthou word as ‘n wonderlike kunstenaar, man vol lewe met ‘n belangstelling in Suid-Afrika se verskeidenheid kulture.

Heidre Malgas
heidre@mahareng.co.za