Koejaweltert

0
4977

Koejaweltert
Hierdie paar bestanddele maak 1x 24cm tert
 

1x pak (200g) eet – sum – mor beskuitjies
1x    blikkie (410g) ingelegde koejawels, dreineer stroop en verpulp die vrugte
1x  pakkie (80g) rooi jellie (aarbei of framboos)
1x blikkie(380g) ingedampte melk, effens styfgeklop (laat blikkie oornag in yskas om sodoende meer suksesvol styf te klop)

Metode:

  1. Kook die stroop van die ingemaakte koejawels en roer jellie poeier by. Verwyder van hitte. Voeg verpulpte (druk fyn met vurk) koejawels by.
  2. Maak beskuitjies fyn en vou in by geklopte ingedampte melk. Vou vrugte en jellie mengsel ook hierby in.
  3. Giet in tertbak – laat set in yskas en versier met styfgeklopte room.