E Copy

Date:

Klubrugby tussen Vrystaat en Griffons begin Saterdag

GEORG VAN ECK

Klubrugby in die Vrystaat en Griffons skop reeds Saterdag af wanneer die oopklubs mekaar in die oorkruisliga om die Uitdaagbeker pak met Kroonstad wat sy titel sal verdedig.

Drie Vrystaatse spanne reis na die noorde waar Collegians I teen Rovers II en Bloemfontein Polisie I teen Welkom I in Welkom te staan kom. Mangaung I het moeilike taak, want hy kom teen die kampioen, Kroonstad I, op Kroonstad te staan. Hennenman I en Welkom Polisie I speel in Bloemfontein teen onderskeidelik die Steyners op hul tuisveld in Bainsvlei en Crusaders II in die Clive Solomon-stadion. Al die wedstryde begin om 16:00.

Vir die oop klubs, wat nie soos Crusaders I en Rovers I in die nasionale Cell C Gemeenskapsbeker-reeks speel nie, is die Uitdaagbeker-oorkruisliga die ideale manier om hul spanne geslyp te kry vir die formele ligas. In die Vrystaat skop die nuwe Presidentliga asook die tweede en derde liga reeds op 1 April af.

Die twee universiteite se top-spanne is natuurlik betrokke in die FNB Varsityreekse (Beker, Skild, Young Guns en Steinhoff-koshuisliga) en het dus nie vroeë wedstryde nodig ter voorbereiding nie.

Die Stadsbekerliga begin op 26 April wanneer die FNB Varsityreekse afgehandel is en in die eerste ronde wedstryde speel Collegians I teen Crusaders I in die Clive Solomon-stadion en dit gaan ’n taai toets vir Collegians wees.

Die klub, wat weer sy Stadsbeker-status verwerf het, het egter goed voorberei en verskeie vriendskaplike wedstryde gespeel en begin Saterdag om 16:00 in die Uitdaagbeker-oorkruisliga met ’n wedstryd teen Rovers II in Welkom.

In Collegians se oefenwedstryde het het die klub se topspan asook sy tweede en o.21-span onder meer teen Bloemfontein Polisie, Crusaders in Bloemfontein en Hartswater gespeel en seges behaal.

georg@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...