Kleynhans en Bakkes wen Specsavers-rolbaltoernooi

0
591
RUFUS BOTHA

Die balle stoomroller voort in Bloemfontein en dit is interessant om daarop te let hoe rolbal in die Rosestad groei, nie slegs onder die ouer garde nie, maar ook onder die jonger geslag. By die naweek se Specsavers-parespeltoernooi was daar oudergewoonte uitmuntende tweestryde op die agenda.

Die eindstryd tussen die Herman Kleynhans en sy spanmaat, Herman Bakkes, teen die ma-en-seun-kombinasie Mariane en Jason Key, het vir opwindende spel gesorg.

Die wedstryd van tien koppe is volgens rolbalterme in die skins-formaat beslis. By die halfpadmerk (10 koppe) het die Keys die voortou geneem met 27 – 23, maar Kleynhans en Bakkes het kopgehou en ondanks uitstekende spel van hulle teenstanders deurgedruk om uiteindelik met slegs twee punte (51 – 49) te seëvier.

Die derde- en vierdeplekke is uitgespeel tussen Arno Greyling en sy spanmaat Charles Hamaty teen Engela Etzebeth en Kobus Swanepoel. Dit het ook op ‘n rillerstryd uitgeloop. By die laaste kop (rolbalterm) was die telling nog gelykop (45 elk), maar Greyling en Hamaty het hulle neuse voorgekry einde toe en oorwinning gesmaak met 52 – 48.