Kleurryke uitdaging aan kunstenaars

0
297
Photo: Tes

Die Free State Arts Directory bied aan alle Vrystaatse kunstenaars ‘n platform om hul kuns op sosiale media uit te stal met die doel om ‘n gratis volledige subskripsie te wen.
Kunstenaars kry deur dié aanlyn-uitdaging die geleentheid om hul kuns aktief op Instagram ‘uit te stal’ en meer blootstelling op die plaaslike 3n Internasionale Instagram-netwerk te kry.

Daar is besluit op die tema “Kleurvol” omdat dit geen beperking op die medium of selfs die onderwerp plaas nie. Gevolglik kan kunstenaars wat lief is om landskappe te verf deelneem, sowel as keramiekkunstenaars. Verder is die tema ook dubbelsinnig. Kunstenaars kan kunswerke inskryf wat letterlik ‘kleurvol’ is, of selfs iets figuurliks soos ‘kleurvolle kulture’.

Kunstenaars kan ‘n maksimum van vyf kunswerke inskryf en hul werk e-pos na info@freestatearts.co.za. Alternatiewelik kan hulle dit ook op Instagram plaas met die hutsteken #freestatecolour. Die top-9-kunswerke word dan deur ‘n paneel gekies. Hieruit kan daar dan meer as een werk van ‘n kunstenaar gekies word.

Daar is geen ouderdomsbeperking aan die uitdaging verbonde nie. Ou en nuwe kuns kan gebruik word. Die sluitingsdatum is 31 Januarie 2019.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na info@freestatearts.co.za, besoek die webwerf by www.freestatearts.co.za of Facebook-blad by www.facebook.com/FreeStateArts
-Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za