Klavier en instrumentale slypskool

0
2235

Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging bied op Saterdag 20 September 2014 ‘n werkswinkel aan onder leiding van dr. Liezl-maret Jacobs. Aan die hand van die reeks "Adventures in Music" behandel sy verskeie aspekte wat insluit:
‘n Suksesvolle student (en onderwyser)
• Onderrig- en leerstyle spesifiek gerig op musiekonderwysers en -studente
• Algemene probleme in instrumentale onderrig
• Beginnermetodes (spesifiek klavier)
• Musieklees: die "checklist"
• Die kuns om te oefen: tyds- en oefeningbeplanning; spesifieke oefenmetodes
• Tegniek en klankontwikkeling
Jacobs het bekendheid verwerf met haar aanbieding van nuwe vars idees in musiekonderrig. Sy is tans die hoofkoördineerder van die nuwe Unisa-klaviereksamenboeke en is ook ‘n Unisa-eksaminator.
Die slypskool word aangebied in die
St. Michael-kapel, Bloemfontein om 9:00 vir 9:30 tot 15:30.
Die koste is R250 en sluit tee/koffie, verversings en middagete in.
Indien jy die beginnersklavierboek "Adventures in Music" wil bekom as deel van die kursus is dit R125 ekstra.
By hierdie geleentheid gaan Allmusic van Kaapstad ‘n bladmusiekuitstalling hou en veral die geleentheid bied om nuwe bladmusiek te bekom met die oog op die Kunswedstryd van 2015.
Inskrywings vir hierdie geleentheid sluit Vrydag 19 September 2014.
Vir enige verdere navrae en inskrywings kontak vir Kobie Colditz by 082-345-0985 of kobie@kunswedstryd.org.za.