Kitaarmusiek en sang bring genesing

0
457
Die jong kunstenaar, Yana de Waal FOTO: G PHOTOGRAPHY

Kitaarspeler en sanger, Yana de Waal, wat eersdaags haar eerste ooit enkelsnit, getiteld “27 days”, vrystel, beskryf haar liefde vir musiek as iets wat haar op koers gehou het in haar lewe en haar terselfdertyd genees het.

Die opkomende jong kunstenaar wat afkomstig is uit die Stad van Rose, het haar musiekreis begin deur op te tree by plaaslike kuierplekke met die hulp van Gallery House, wat, volgens haar, baie deure vir haar oopgemaak het. Sy het ook stemopleiding ontvang van Miki Vox Vocal Training.

Die 17-jarige Yana beskryf haar musiek as indie folk/alternatief. Deur meestal oorspronklike nommers te sing, het sy musiek begin skryf wat op die uitdagings en ervarings in haar lewe gebaseer is. “Ek het begin sing deur hoofsaaklik by groot kuiervure te speel saam met my vriende en hulle  het daarvan gehou. Ek was taamlik verras, omdat my musiek vir my eers net woorde was wat ek kon oordra na ander mense. Maar dit het met hulle ‘gepraat’. Dit het hulle iets laat voel, iets wat vir hulle vrede en begrip van hul eie menslike bestaan gegee het,” het sy aan Bloemfontein Courant gesê.

Volgens Yana is haar hoofdoel om mense te genees deur haar musiek en terselfdertyd wat sy self deurgemaak het, in woorde en musiek te beskryf. Dit, met die begeleiding van kitaarsakkoorde, het nie net vir haar gehelp nie, maar
ook vir ander. Haar eerste enkelsnit, “27 days”, vertel ‘n storie waarmee meeste van ons ons mee kan vereenselwig.

‘n Liedjie oor jou liefde vir iemand met wie jy nie saam kan wees nie. “Terwyl
ek deur my emosies gewerk het, het ek besluit om net eenvoudig my kitaar op te tel en te begin sing,” sê sy.

Om na Yana se haar nuwe liedjie te luister, volg haar op Instagram en Facebook, @wherearethecrystals.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za