Kitaarlesse in die 21ste Eeu met Wouter van de Venter

0
4013

“Om te leer kitaar speel is 50% tegniek en 50% inspirasie” se Wouter van de Venter.

“Ek het by baie mense lesse gekry, goeie gewoontes geleer, en slegtes, hierdie kitaarlesse is my manier van speel, met die goeie gewoontes.”

“My kitaar het my die voorreg gegee om ons wonderlike land te leer ken sowel as om ongelooflike teaters soos ‘The Royal Albert Hall” en ‘Wembly’ in London te speel.”

Jy kan nou aanlyn by Van de Venter leer hoe om kitaar te speel deur middel van videos, in die gemak van jou eie huis en op jou eie tyd.

Die kombinasie van stap-vir-stap les video’s, en ‘n steeds groeiende biblioteek van videos is ‘n merkwaardige nuwe manier om te leer.

Van de Venter se benadering sny deur die kompleksiteit en breek dit af vir spelers van alle vlakke en ervaring om te verstaan.

Strum tegnieke, basiese tot gevorderde akkoorde, basiese tot gevorderde ‘finger-picking’ style en nog baie meer.

Of jy nog op skool is, en of jy al jou jare goed deurgedraf het en dit nog altyd dalk net ‘n droom was om te leer speel.

Kliek op hierdie link om te kyk hoe dit werk.
www.youtube.com/watch

Kry hier meer inligting.
Twitter: @woutervdventer
Facebook: www.facebook.com/woutervdventer
Webtuiste: www.woutervandeventer.co.za
Blue Division Publicity & Music Management | Anita van de Venter | anita@bluedivision.co.za | 076 486 5050