Kinkel in gyselaarsdrama

0
Kinkel in gyselaarsdrama

MARINÉ JACOBS

Die gyselaarsdrama wat verlede maand by die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein afgespeel het, het ‘n interessante wending geneem toe daar ‘n derde verdagte saam met die aanvanklike twee gevangenes Vrydag voor die Bloemfontein Landdroshof op aanklagte van ontvoering en aanranding verskyn het. Polisiewoordvoerder Thandi Mbambo sê Thobile Gwita het saam met die oorspronklike twee verdagtes, Sibusiso Nkosi en Abraham Mabe, voor landdros Piet Bester verskyn. Volgens Mbambo word daar vermoed dat Gwita die ander twee gevangenes van wapens voorsien het waarmee hulle ‘n dokter en verpleegster op 20 November by die tronk gyselaar gehou het. Gwita werk glo by die tronk se swys-afdeling en sou die betrokke dag aan die gyselaardrama deelgeneem het, maar kon nie ‘n afspraak by die dokter kry nie. Die 20-uur gyselaarsdrama het tot ‘n einde gekom toe ‘n polisie taakspan die area binnegegaan en die twee gevangenes gearresteer het. Die saak is na 15 Januarie uitgestel.

No posts to display