Kinderboeke help emosies verstaan

0
Kinderboeke help emosies verstaan

“’n Klein leeutjie is skaam en kan nie brul nie. As hy wil brul, kom die klank “piep” uit. Almal lag vir hom en hy kry skaam. Hy weet nie wat om te doen nie. Dan kom ’n klein muis verby. Kan die muis die leeu leer brul?”

Dit is ’n uittreksel uit een van vyf kinderboeke wat Lapa Uitgewers onlangs uitgegee het. Dis geskik vir kinders van sowat drie jaar oud. Dit is ook boeke wat kan help om jou kinders se liefde vir boeke en lees te vorm. Die boeke in die reeks is getiteld, Die tier wat kwaad was, Die olifant wat bang was, Die seekoei wat gelukkig was, Die sebra wat hartseer was en Die leeu wat skaam was.

Die vyf boekies spreek ook vyf emosies aan, waaronder woede, skaamheid, geluk, hartseer en bangheid aan waarmee peuters en kleuters vroeg in hul lewens te doen kry, maar soms nie weet hoe om dit te hanteer nie. Die boekies maak dit op ’n prettige manier moontlik vir kinders om meer te leer van emosies, dat dit normaal is om die emosies te hê, en wat om te doen as dit ’n emosie is waarvan jy nie hou nie.

Die skrywers Rachel Elliot en John Bendall-Brunello het eenvoudige storietjies opgestel waarmee die kleuter maklik kan identifiseer en vir lank sal onthou. Jaco Jacobs het die kleuterfiksie in Afrikaanse vertaal.

Een gelukkige Courant-leser kan al vyf die boekies wen deur die Courant-webwerf te besoek by www.bloemfonteincourant.co.za en aan die kompetisie deel te neem deur die eenvoudige vraag te beantwoord: Watter dier kon nie brul nie?

No posts to display