E Copy

Date:

KINDER & JEUG: Ingrid Mennen & Irene Berg (ill.): Ingrid Mennen & Irene Berg (ill.)

BEN EN DIE WALVISSE
Ingrid Mennen & Irene Berg (ill.)

Uitgewer : Tafelberg
Prys : R130.00*
Illustreerder : Irene Berg
Ouderdom : 5-9
Bladsye : 32
Band : Hardeband
Formaat : 263mm x 210mm
* Prys onderhewig aan verandering

BESKRYWING:
Walvisse speel in die see ver onderkant die ou voetpaadjies waar Ben en Oupa baiekeer gaan stap. Die windskeef melkhout is hulle uitkykpos. Van daar hou hulle die walvisse dop. “Wonderbaarlik en misterieus,” noem Oupa hulle, “vlieënde reuse van die see!”
Maar later, skuins voor somer, verander dinge: Oupa bly in die bed. Dae gaan verby . . . en toe word Oupa begrawe. Dis moeilik om tot siens te sê.
Dan neem Pa vir Ben op die bekende voetpaadjie, en onder die melkhout vertel Pa die storie van ‘n walviskalf wat lank gelede in hulle baai gebore is, en van die ou bultrug saam met wie die walviskalf graag in die baai rinkink het. Maar die ou bultrug kon uiteindelik nie die tog saam met die ander walvisse na die Antarktiese see aanpak nie, en die jong walvis moes leer afskeid neem.
Hierdie pragtige verhaal oor hoe om verlies te verwerk sal ouers en kinders se harte aanraak. Deur bekende natuurbeelde en -feite word die jong kind gelei tot aanvaarding en berusting.

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...