KINDER & JEUG: Helen Brain en Vian Oelofsen: PRINSES TALIA EN DIE DRAAK

0
508

PRINSES TALIA EN DIE DRAAK
Helen Brain en Vian Oelofsen

Uitgewer : Human & Rousseau
Prys : R99.95*
Band : Sagteband
Ouderdom : 6-8
Bladsye : 64 pp
Formaat : 210 x 148 mm
* Prys is onderhewig aan verandering

BESKRYWING

Dit is die storie van hoe prinses Talia haar pa se koninkryk van ’n kwaai draak red. Die draak het op die paleis se dak beland en weier om weg te gaan. Die mense van die dorp is baie bang en die koning probeer alles in sy mag om van die draak ontslae te raak, maar dis verniet – hy verroer nie ’n poot nie en word al hoe kwaaier. Prinses Talia is nie bang nie, sy graan praat met hom en hy erken dat hy eintlik nie so kwaai is nie, maar dat hy nie kan sien waar hy vlieg nie. Sy leen vir hom haar brilletjie en hy kan uiteindelik wegvlieg. Prinses Talia is almal se heldin en al die dogtetjies in haar balletklas, wat haar voorheen gespot het, wil ook nou ’n brilletjie dra.

Geskryf in ’n ligte, vrolike trant vol pret en humor. Dit is gemik op eerste lesers en geïllustreer in volkleur.
Daar word ten minste drie boeke in die Prinses Talia-reeks beplan