KINDER & JEUG: Elizabeth Wasserman & Chris Venter (ill.): SPEURHOND WILLEM IN NEW YORK

0
503

SPEURHOND WILLEM IN NEW YORK
Elizabeth Wasserman & Chris Venter (ill.)

Uitgewer : Tafelberg
Prys : R110.00*
Illustreerder : Chris Venter
Ouderdom : 8-11
Bladsye : 128
Band : Sagteband
Formaat : 213mm x 137mm
* Prys onderhewig aan verandering

BESKRYWING

Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op ‘n passasierskip in die Indiese Oseaan, op ‘n wildplaas in die Bosveld en via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie.
In die vyfde boek in dié gewilde reeks moet Adriaan en Willem nogmaals die mensdom van ‘n nare boef se gruwelike planne red. Maar soos dit dié gedugte span betaam, vind die aksie in een van die opwindendste wêreldstede van ons tyd plaas: New York.

Die ander titels is Speurhond Willem op reis (ISBN 978-0-624-04842-8), Speurhond Willem en die seerowers (ISBN 978-0-624-05285-2), Speurhond Willem en die wilddiewe (ISBN 978-0-624-05330-9) en Speurhond Willem in die ruimte (ISBN 978-0-624-05358-3).

In the fifth adventure in the series Willem and Adriaan go to New York City, where they must once again help the International Intelligence Agency to apprehend a dangerous criminal.