KINDER & JEUG / CHILDREN & YOUTH: Annelie Ferreira: TOT SIENS, KONING ARTHUR

0
516

TOT SIENS, KONING ARTHUR
Annelie Ferreira

Uitgewer : Tafelberg
Prys : R135.00*
Ouderdom : 14-18
Bladsye : 144
Band : Sagteband
Formaat : 213mm x 137mm
* Prys onderhewig aan verandering

BESKRYWING/ DESCRIPTION:

Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is wêrelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies.
Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar sê dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.

Sylvia once had plans to study medicine and was chosen as a prefect, but now she has to do a hundred hours community service in an old age home after being expelled from school. When her five-year old brother gets sick she has to trust her instinct.