Dirk Kok
Kimberley se Gariep Kunstefees, wat vanjaar van 29 Augustus tot 1 September gehou word, is gisteraand in die museumdorp van die Groot Gat bekend gestel.
Marius Nagel, feesvoorsitter, het gaste op ’n staptoer van die museumdorp gelei. Al langs die strate is gestop by plakkate van vanjaar se feesproduksies en -kunstenaars.
Só is elke produksie en kunstenaar op vanjaar se fees bekend gestel.
Die aand is afgesluit met ’n ete by die Occidental Bar waar gaste vermaak is deur danseresse in die flambojante dansuitrustings van die ou delwersdae. Gaste is ook getrakteer op die klanke van onderwysers en leerlinge van die Mayibuye-akademie vir musiek.
. Marius Nagel, feesvoorsitter, het die produksies en kunstenaars een vir een aan gaste bekend gestel.