E Copy

Date:

Keuses

Die lewe word gekenmerk deur keuses. Ons kan dit beskryf as gewone keuses, byvoorbeeld watter uitrusting en klere ek verkies, of meer gekompliseerde keuses soos ’n huweliksmaat en ’n beroep. Soms moet jy net kies tussen reg en verkeerd en met watter vriende jy meng. Om dié keuses te maak is nie noodwendig maklik nie en jy soek dikwels hulp en raad. Die volgende is tog belangrik: Jy mag maar foute maak in die keuses wat jy uitoefen, want daar is altyd ander moontlikhede om ’n saak te hanteer. Jy kan
goeie keuses maak as jy bereid is om te luister na ander. Goeie keuses berus op die feit dat jy voor- en nadele van ’n besluit teen mekaar kan opweeg en in vertroue ’n besluit neem. Die begrip keuse het as onderbou dat jy jou gawes ken. Dit is om nie oorhaastig besluite in jou lewe te neem nie. Omdat keuses jou hele lewe kan beïnvloed is dit raadsaam om te luister na ander en na die Here. Dan lees ek in Psalm 119: 9 “Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord.” Ons kan vandag begin met ons keuse om vir die Here te vra: “Here wat is u wil vir my lewe?

DS. STEPHAN VAN HEERDEN
* Van Heerden is ’n geestelike leier by die NG Klipkerk en ’n pastorale sielkundige.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...