Kanker neem toe; so tref voorsorg

0
3766

Daar is goeie en slegte nuus vir Suid-Afrikaners wanneer dit kom by kanker. Die goeie nuus is dat behandeling vir hierdie vernietigende siekte deurentyd verbeter.
‘n Vooraanstaande finansiële publikasie, The Economist, berig dat nuwe kankermiddels kankerpasiënte se kanse op herstel aansienlik verbeter. Vroeë diagnose, danksy vooruitgang op die gebied van mediese tegnologie, dra ook by tot hoër oorlewingskoerse.
Die slegte nuus is dat die aantal kankerdiagnoses steeds toeneem. Die Wêreldgesondheidsorganisasie voorspel dat een uit vier Suid-Afrikaners gedurende hul leeftyd hierdeur geraak sal word, hetsy regstreeks of weens die diagnose van ‘n geliefde.Kanker sal dus by meer mense gediagnoseer word, maar daar sal ook baie meer mense wees wat genees word. Die hoër herstelsyfers sal egter meer finansiële beplanning van pasiënte verg.
Behandeling en herstel kan die meeste pasiënte finansieel knou. Die risiko van ‘n skuldlas raak ook baie hoog. Daar is baie hartseergevalle van gesinne wat hul huis moes verkoop weens die buitensporige koste van behandeling en herstel.
En dit is nie net ‘n probleem wat in Suid-Afrika voorkom nie. ‘n Studie wat deur die Kaiser-sentrum vir Gesondheidsnavorsing op ‘n groep Amerikaanse kankerpasiënte van 18 tot 64 jaar gedoen is, het aan die lig gebring dat een uit drie pasiënte in die skuld beland het weens die koste verbonde aan hul siekte.
Dekking vir ernstige siektes is die beste manier om die finansiële risiko’s te bestuur. Hierdie dekking is bedoel om mediesefonds-tekorte, asook uitgawes wat nie gewoonlik deur mediese skemas gedek word nie, te betaal.
Dit kan ook ‘n verlaagde inkomste aanvul wanneer die siekte so ernstig is dat die persoon nie meer kan werk nie. Volgens Sanlam Lewens, is dit duidelik dat die kanse om kanker te kry, aansienlik hoër is as enige ander siekte. Tans is daar versekeringsvoordele beskikbaar wat jou slegs verseker teen die die voorkoms van kanker; maak dus seker jy tref die nodige voorsorg.
Die is my laaste geselsie vir 2017. Baie dankie vir almal se ondersteuning en positiewe terugvoer deur die jaar. Mag julle ‘n geseënde Kerstyd hê en God se liefde ervaar. Reis veilig. Ons gesels weer vroeg in 2018. – Bron: Sanlam Lewens.

HORACE TERRY